About Willem's Rus
Baie welkom. Willem's Rus is 'n privaat bosveld kampterrein geleë in die malaria-vrye Dinokeng Groot 5 Wild Reservaat en is ideaal geleë vir 'n wegbreek van die besige stadslewe. Willem's Rus is 'n buitelug ervaring in pragtige inheemse bosveld wat jou sal help om te ontspan en te herlaai.
Dinokeng is die enigste Groot 5 Wild Reservaat in Gauteng met vrylopende diere en is net 45 minute se ry vanaf Pretoria. Kom ontspan en spandeer kwaliteit-tyd saam met vriende en familie om 'n kampvuur onder die sterre. Om by Willem's Rus te kamp is uniek in die sin dat dit moontlik is om die Groot 5 van jou eie staanplek te sien, en dit net sowat 50km Noord van Pretoria. NOTA: Geen kragopwekkers, radio's, televisiestelle en troeteldiere word toegelaat op die terrein nie. Ons kliënte word vreedsaamheid gewaarborg en ons is daartoe verbind as eerste prioriteit.
Gallery
Contact Details
- 0817022989
- 0817022989
- willemsrus28@gmail.com
- Ged 26 Welgevonden
- Hammanskraal
- Gauteng
- South Africa
Unit Types are the different types of stands and chalets available at Willem's Rus.
Staanplek 22
Hierdie staanplek is effens apart van die ander en het 'n pragtige Suide uitsig waar kameelperde, sebras, wildebeeste en rooibokke dikwels gesien word.
Staanplek 23
Geleë tussen groot bome en relatief naby aan die ablusie blok. Pragtige boomryke agtergrond aan sy Oostelike kant.
Staanplek 24
Hierdie staanplek het uitsluitlike gebruik van 'n boma wat in 'n inheemse bos geleë is. Die staanplek het baie skaduwee. Gesog onder voëlkykers omdat dit naby 'n klein dammetje geleë is. Dit is 'n groot staanplek wat geskik is vir twee gesinne en het 'n mooi groot grasperk. Relatief naby aan die swembad.
Staanplek 25
Staanplek 25 het baie lekker skaduwee met 'n pragtige bos aan sy Noord-westlike kant. Alhoewel dit nie op die grensdraad geleë is nie het die staanplek uitsigte op die Noordelike watergat en het 'n baie spesiale gevoel.
Staanplek 4
Hierdie ruim staanplek is geleë onder 'n groot Wildesering en het uitsonderlike mooi uitsigte oor die bosveld.
Staanplek 7
Persoonlik een van ons gunsteling te danke aan sy priviaatheid en pragtige uitsigte. 'n Staanplek wat jou daardie ware bosveld gevoel gee. Redelik naby aan 'n ablusieblok geleë.
Staanplek 8
Hierdie staanplek is geleë aan die Noorde kant van die kampterrein en het pragtige uitsigte oor die tweede watergat. Tydens die bou van Willem's Rus is 'n luiperd 'n blote 3m van hierdie staanplek af gesien.
StaanPlekke 1 , 2 , 3
Staanplekke 1 en 2 is geleë in die Suid-Oostelike hoek van die kampterrein en is apart van die ander staanplekke. Hierdie twee, tesame met staanplek 3, het uitsluitlike gebruik van die buite stort, aparte toilet en opwas fasiliteite. As gevolg van hulle ligging is die drie staanplekke ideaal om saam met vriende en familie as 'n groep te bespreek.Hierdie staanplek is pragtig geleë met sy eie braai put in 'n boma van inheemse bome. As staanplekke 1,2 en 3 nie saam bespreek word nie het staanplek 3 uitsluitlike gebruik van die boma.
Staanplekke 18 en 19
Hierdie staanplek is weggesteek in die Noordwestelike hoek van Willem's Rus. Staanplek 18 en 19 is ideaal vir groepe wat saam kamp en is redelik afgesonder en privaat. Hierdie staanplek is ook toegerus om tussen 1 en 3 karavane te huisves. Lekker naby aan die ablusieblok maar geskei deur inheemse bome.
Staanplekke 20 en 21
Hierdie ruim staanplek het 'n pragtige inheemse bos aan sy Westekant. Geskik vir gesinne met kinders wat ruimte nodig het. Naby 'n ablusieblok geleë.
Staanplekke 5 en 6
Hierdie staanplek kyk uit oor die watergat aan die Ooste kant van die kampterrein. Daar is 'n groot kans om Olifante, koedoes en kameelperde te sien drink terwyl jy langs 'n braai vuur sit. Staanplek 5/6 is ook relatief naby 'n ablusieblok geleë.